Ek het dit in my ronde koek pan gemaak. Pan gesprei met spray en cook. Helfte van pastry uitgerol en pan uitgevoer, net half pad teen die kante op.
So drie groot stukke hoender gaar gekook en ontbeen.
Halwe pak bacon, klein opgesny en gaar gemaak.
1 pak wors ook gaar gemaak.
1 blikkie gemengde groente. water afgegooi
Sout en peper na smaak
Ek pak laag hoender, laag wors, laag gemengde groente, laag bacon al die vleis moet gaar wees. Herhaal tot alles klaar is. Kan blatjang tussen lae sit as jy wil. Halwe koppie melk met 2 geklitste eiers gooi bo-oor die pie. Sit helfte van ander deeg bo-oor en vou in om die kante, smeer eier bo-op. Bak 45 min op 190°C en dan weer 40 min op 160°C. As pie te bruin raak bo, sit foelie oor, dit keer dat die pie nie te bruin word nie,
BRON- Marie Rheeder Troskie