TUISGEMAAKTE TAMATIESOUS
TUISGEMAAKTE TAMATIESOUS
500 g ferm tamaties, geskil en in blokkies gesny
200 g uie, fyngekap
15 ml botter
5 ml bruinsuiker
sout en varsgemaalde swartpeper
vars basiliekruid, geskeur
5 ml suurlemoensap
100 ml room
Verhit botter en olie in swaarboompan. Soteer uie vir 5 minute en voeg tamaties by. Soteer vir 3 mintues. Voeg suiker, sout en peper by. Stel hitte laer en laat prut vir 20 minute. Roer die room en geskeurde basiliekruid by. Bedien met enige van jou geliefde disse
