TAMATIE CHUTNEY


TAMATIE CHUTNEY
Mens kan altyd doen met so lekker sousie in die huis hier oor die groot dae.
Gebruik op French toast, burgers of savoury muffins.
10 tamaties
500 g suiker
500 ml wit wyn asyn
2 uie, fyngekap
3 vars rooirissies, fyngekap en pitte verwyder
4 pruime, dun gesny
1 ster anys
1 stokkie pypkaneel
sout en peper
tiemie, verwyder van stam

Kook suiker, uie, asyn, chillies, tiemie, anys En kaneel tot dik stroop.
Verwyder skil van tamatie sowel as sade binne-in. Sny in blokkies asook pruime.
Wanneer stroop dik soos heuning is, verwyder kaneel en anys.
Voeg tamatie en pruime by en kook weer tot dik.
Voeg sout en peper by.
Gooi warm in gesterilseerde bottels.
Kan ook sonder pruime gemaak word, Dan word pruime bo-op as versiering gebruik.

Bron:  Dalene Brits