SOETRISSIES IN OLIE

SOETRISSIES IN OLIE
7 soetrissies
300 ml olyfolie
sout
4 knoffelhuisies
takkies roosmaryn
5 ml peperkorrels
30 ml suurlemoensap
3 brandrissies
Halveer en ontpit soetrissies.
Bestryk met bietjie olie en bak vir ± 20 min by 200°C totdat swart en opgepof.
Trek skille af en sny vleis in groterige repe. Sout liggies.
Skil en kneus knoffel. Pak rissies, roosmaryn, en peperkorrels in gesteriliseerde flesse.
Giet suurlemoensap oor en bedek met olyfolie. Verwyder lugblasies.
Verseël en bewaar in koelkas. Gebruik na 3 dae en binne drie maande.
Ek het ekstra virgin olyfolie gebruik, geen brandrissies nie.
Het knoffel, peper en roosmaryn na persoonlike smaak bygevoeg.
Onthou die rissies raak heelwat kleiner as die oorspronklike vorm na dit gebak is en ‘n mens het dus heelwat nodig om ‘n bottel vol te maak.
Ek het ‘n appelboks vol gebruik en het 5 middelmatige bottels uitgekry.
Lekker vir later Anette Human
Foto: Brunhilda Venter