

PYNAPPELVULSEL VIR KOEKE EN FLANS
1/2 koppie wit suiker
4 eetlepels koekmeel
Knippie sout
1 Eier
1 Blikke fyn pynappel (of stukke)
3/4 Koppie pynappelsap
1 Eetlepel botter/margarien
Kook al die bestandele behalwe die botter/margarien in ‘n dubbelkoker (of vuurvaste glasbak op kastrol met kookwater) tot dik, roer gedurig. Roer botter by en laat afkoel om te gebruik as vulsel.
Resep: Charlotte Verwey Da Silva
Foto: Rina Kleinhans