PEPPER BEEF PASTRY-PIE

PEPPER BEEF PASTRY-PIE
Bron:  Minouise vd Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg (500 g) bief blokkies en (500 g) repies
3 aartappels, in kwarte gesny
1 pakkie “black peppercorn” poeier sous (Knorr of Maggie)
1 rol puff pastry
100 g meel, om die sousie lekker dik te maak
1 blokkie bief aftreksel
1 ui, fyn gekap
2 teelepels knoffel, sommer die in die botteltjie
1 blikkie sampioene, jou eie voorkeur
2 eetlepels paprika
sout, min want die pakkie sous en die vleis aftreksel blokkie is souterig
3 eetlepels peperkorrels, fyngemaal
2 eetlepels margarien of olie, jou eie voorkeur

(In stoom pot – indien jy haastig is)
Braai die ui, knoffel, sampioene in margarien.
Voeg die vleis by en verbruin.
Voeg die sout en fyngemaalde peper korrels en paprika by.
Maak die vleis blokkie fyn met jou vingers en strooi sommer so oor die bestanddele in die pot.
Voeg die aartappel stukke by en bedek met water.
Plaas die deksel op die pot en stoom vir so 20 min.
Voeg nou die pakkie Black Peppercorn poeier sous en meel by en roer op die plaat, sonder die deksel tot lekker dik. Die sous moet nie te loperig wees nie, anders maak dit die korsdeeg pap.

Terwyl die bestanddele stoom, berei jou bakke voor. Ek gebruik “Spray ‘n Cook” en dan voer ek die bakke ook uit met ‘n bietjie meel.
Rol jou “Puff Pastry” uit.
Sodra die vleis en sousie lekker gaar is, plaas dit in die bakke en laat dit afkoel.

Nadat dit goed afgekoel het, sny die deeg bietjie groter as die bak uit, maak ‘n patroontjie met die deeg wat oorgebly het om bo-op die deeg te sit as versiering. Maak ook so twee snitte met ‘n mes in die middel van die deeg sodat stoom kan ontsnap. Smeer met eier vir ‘n lekker blink bruin gebak. Plaas in ‘n voorverhitte oond van 200°C tot die kors lekker bruin gebak is.

Voorsit idees: mengelslaai of soet ertjies of geroosterde groente

Lekker eet en ek sal graag jul terugvoer wil hoor wanneer julle dit probeer asseblief.