PAM SE TARTAR SOUS

tartar sous Tina reggemaaktested

 

PAM SE TARTAR SOUS

Hier is n resep vir tuisgemaakte tartar sous. (heerlik)

250 ml mayonnaise
3 medium agurkies gesny
1 knoffelhuisie gekneus ,(opsioneel)
2 jong uie gekap
30 ml (2eetl) vars gekapte pietersielie
15 ml (1 eetl) gekapte soetrissie
5 ml Franse mosterd
10ml ( 2eetl) suurlemoensap
varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng alles deeglik saam. Bewaar in die yskas in n lugdigte houer.

Heerlik saam met vis en tjips en slaai.

Ns. Ekt sommer gewone mosterd sous gebruik, en die knoffelhuisie weggelaat en dis nogsteeds lekker.

Resep:  Pam Saal
Foto:  Tina Sauerman