LUI HUISVROU HOENDERPASTEI

Lui huisvrou hoenderpasteitested

LUI HUISVROU HOENDERPASTEI
Ek het sommer my eie kop gevolg en toe is die pastei gebore, ek het glutenvrye meel mengsel gebruik vir my kors en binne-in die room, maar dit het nogsteeds baie mooi gekom.
1 heel hoender
1 groot ui gekap
1 pakkie sampioene gekap
1 knoffel vingertjie gekap
1 teelepel Basil pesto
1 teelepel heel korrelmosterd
hoender spesery
swart peper
naeltjies
250 ml room
2 eetlepel koekmeel

Deeg:
1 koppie koekmeel
2 teelepel bakpoeier
125 ml botter of margarien
¾ koppie melk
1 eier
2 ml sout

Vryf botter in meel.
Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir ‘n slap deeg.
Skep bo-oor die hoendermengsel.

Kook ‘n heel hoender sag met kruie/speserye en sout, laat afkoel en ontbeen.
Braai uie en knoffel, tot net begin bruin word en voeg gekapte sampioene by.
Sit die hoendervleis by en roer lekker deur. Voeg die basil pesto, mosterd, peper, naeltjies en wat ook al lekker is by.
Toets vir sout en vul aan indien nodig. Hier moet jy proe en dit moet sommer yummies wees anders toor hom bietjie.
Maak die meel aan met die room en roer deur die vleismengsel, maak seker dit is lekker souserig en nie te droog nie.
Laat net deur kook vir die meel om gaar te word.
Skep in groot oondbak en skep/gooi “lui huisvrou” degie oor.
Deeg:
Vryf botter in meel.
Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir ‘n slap deeg.
Skep bo-oor die hoendermengsel.
Bak tot mooi bruin by 180ºC.

Nota: as jy die vleis wil rek,kan jy ertjies of gemengde groente by jou vleis insit.
Ek het ‘n hand vol bosbessies (cranberries) ingesit en dit baie geniet

Resep en foto: Rina Kleinhans