LIETSJETERT – LITCHE TART

1379407_536429879777670_670854689_ntested
LIETSJETERT – LITCHE TART
Vir die kors:
1 pakkie Tennisbeskuitjies fyn gemaak ( ek gebruik somme Tennisbeskuitjies wat ek die bak mee uitvoer.)

Vulsel:
1 pakkie suurlemoenjellie
250 ml kookwater
1 blik (565 g) lietsjies gedreineer maar behou die stroop
15 ml gelatien
1 blik kondensmelk
100 ml suurlemoensap
1 houer gladde Maaskaas
25 0ml styfgeklopte room

Los die jellie in die kookwater op en hou eenkant .
Meng bietjie van lietsjiestroop met die gelatien totdat dit opgelos is ( plaas houer in warmwater help met die oplos van gelatien)
Voeg dit by die res van die Lietsjiestroop in die jellie. Voeg blik kondensmelk. maaskaas en suurlemoensap by.
Meng goed. Laat rus in koelkas tot net voor dit stol….
Vou dan styfgeklopte room by en gooi in bak uitgevoer met tennisbeskuitjies.
Kan versier met Roomrosies en Lietsjies.
Resep en foto: Rina Burger