LEMOEN EN HEUNING SOET WORTELS
LEMOEN EN HEUNING SOET WORTELS
Nou ja almal het maar hulle manier van soet wortels kook, maar ek moet se hierdie is vir my die lekkerste soet wortels, ek deel dit graag met julle, ek maak ook my soet patats soms so
2 porsies
3 groot wortels geskil en in ringetjies gesny.
Sit net genoeg water in om wortels te bedek. Gooi bietjie sout in.
Kook tot net begin sag word, moet nog harderig wees anders kook dit pap
Gooi halwe koppie vars uitgedrukte lemoensap by, saam met 1 eet suiker/versoeter en 1 eetl margarien. Sit deksel op en kook tot sous begin dikker word.
Moenie teveel roer nie dan breek die wortels.
Sit nou twee eetlepels heuning, en so half teelepel kaneel by en laat lekker deurkook. Sous behoort nou al lekker dik te wees, indien nie
vat 1 teelepel maizina maak aan met bietjie water, gooi stadig by tot die regte dikte, draai plaat op stadigste en laat net rustig deur kook.
2de foto: Weer vandag my gewilde wortels gemaak, maar in die plek van kaneel het ek vars gemmer stukkies en ook lemoenskil bygesit, bietjie meer xylitol gebruik en die heuning uitgelaat…dit is regtig ‘n heerlike manier om wortels te doen en die kleur op die bord is pragtig.
Dit is heerlik verby…..
Bron: Rina Kleinhans


