LEKKER KERRIE-FRIKKADELLE

1377166_10151871532769356_1205820170_n
LEKKER KERRIE-FRIKKADELLE
Foto: Benhet Nieuwenhuizen
FOOD LOVERS RECIPES
1.2 kg beesmaalvleis
1 ui, baie fyn gekap
1 eetlepel tamatiesous
1 eetlepel Worcestershiresous
1 eetlepel blatjang
1 teelepel appelkooskonfyt
knypie gemaalde koljander
knypie gemaalde kruienaeltjies
1 teelepel sout
peper na smaak
1 koppie vars broodkrummels (ek het oats gebruik)
1 eier
Sous:
4 eetlepels olie
2 uie, gekap
375 ml witasyn (ek’t bietjie minder gevat)
5 eetlepels blatjang
187 ml suiker
1 eetlepels matige kerriepoeier
1 eetlepels appelkooskonfyt (ek 2 eetlepels gevat)
knypie kaneel
knypie rooipeper

Meng alles vir frikkadelle goed saam en maak balletjies. Bak vir 20 min by 180ÂșC.
Meng alles vir sous en laat kook 20 min op laag.
Na 20 min giet oor frikkadelle en bak nog 15 min.
Heerlik!