KASERIGE VISGEBAK ALA ADRI

2013-10-15-cheesyfishbaketested

KASERIGE VISGEBAK ALA ADRI
Foto en resep geplaas deur Adri van Staden
FOOD LOVERS RECIPES
Ons was gisteraand lus vir iets visserig, toe pas ek ‘n resep (wat ek waarskynlik hier gekry het) effens aan, ons het lekker geëet!

1 blik sardyne in tamatiesous
1 blikkie tuna, gedreineer
1 pak (500 g) macaroni
1 ui, gekap
1 teelepel gekapte knoffel
± 10 gekapte spinasieblare
1 koppie water
1 pakkie Floyd’s “cheesy vegetable bake cook in sauce”
½ koppie gerasperde cheddar

Kook die pasta. Braai die ui en knoffel tot deurskynend. Meng die pakkie sous met die water en voeg saam met al die bestanddele (behalwe die pasta) by die ui en knoffel. Kook vir 10 minute. Skep alles oor die pasta in ‘n oondbak, strooi die kaas oor en bak teen 180° vir 15 minute.