KAASKORSMENGSEL
KAASKORSMENGSEL
FOOD LOVERS RECIPES
As mens hierdie mengsel by jou het op vakansie dan maak mens sommer gou ‘n lekker pastei met al jou oorskiet braaivleis of enige lekker souserige vleisie
(Bêre mengsel)
Strooi van die mengsel dik oor ‘n warm, souserige vleisvulsel en bak dit by 200° tot goudbruin.
500 g koekmeel
7 ml sout
250 g botter of margarien
375 g gerasperde cheddarkaas
10 ml gedroogte salie
Sif die meel en sout saam. Vryf die botter daarin. Roer die kaas en salie met ‘n vurk by. Skep die mengsel in ‘n lugdigte houer en bewaar dit in die koel- of vrieskas gebruik soos benodig.
