GROENTE PIEKELS

groente piekelstested
GROENTE PIEKELS
Resep jare gelede van ‘n vriendin, Mara gekry.
375 g groenboontjies
500 g wortels
1 medium koolkop
125 g knoffel
750 ml wit asyn
750 ml kookolie
1 pakkie piekel Masala
250 g sout
Kerf wortel, bone en kool.
Week in asyn en sout oplossing vir 2 dae.
Dreineer asyn baie goed. Voeg piekel masala, kookolie en fyngekapte knoffel by. Meng baie goed en skep in bottels, seël dadelik.

Resep: Dalene Brits
Foto: Marie Rheeder Troskie