GLASUURSEL – GLAZE ICING

glace icing
GLASUURSEL – GLAZE ICING
Maak veelsydige glasuursel (glacĂ© icing) vir ‘n verandering as jy koekies, kolwyntjies of soet rolletjies wil versier. Dis maklik en lyk altyd mooi.
Gebruik omtrent ‘n 1 koppie gesifte versiersuiker
2 – 3 eetlepels kookwater
bietjie geursel en kleursel as jy wil.

Vir ‘n baie ligte kleur (soos hierdie ligte pienk) doop ‘n tandestokkie in die botteltjie kleursel en roer deur die mengsel, roer dan goed deur. As die icing te dik is voeg nog klein bietjie kookwater by, te dun, voeg nog versiersuiker by.
Dit moenie te lopering wees nie, dit moet net so lui loop en dan stop as jy dit opsit.
Resep en foto: Louise Groenewald