DAWID SE HEERLIKE WITBROOD

2013-10-26-dawidconradie
DAWID SE HEERLIKE WITBROOD

Dit is ‘n basiese resep met 1Kg meel, sout suiker en gis wat ek aangepas het. My resep is
8 koppie broodmeel (+/- 2 kg)
20-30 ml sout
50 ml suiker
20 g kits suurdeeg
700 ml sterk louwarm melk
30 g botter (nie marg nie)

Meng alles saam en laat rys vir 20 minute. Knie af en deel in twee plaas in panne en laat rys vir 40 minute of tot verdubbel in grote. Bak in voorverhitte oond vir ongeveer 40 minute tot mooi bruin. As brood hol klop dan is hy gaar

Resep en foto:  DAWID CONRADIE