BUTTERNUTSOP ALA MAMA WILMA

BUTTERNUTSOP ALA MAMA WILMA
1,5 kg butternuts, geskil en ‘n blokkies gesn
2 groot uie, geskil en gekap
2 groot aartappels geskil en gekap
braaivleisspeserye
sout en varsgemaalde peper na smaak
rissiepitte na smaak
Braai die uie in bietjie olyfolie tot sag en deurskynend (nie bruin nie).
Voeg die geurmiddels by en braai deur.
Voeg nou die butternut en aartappels by en bedek met water. Kook tot papsag.
Blits dit tot ‘n pulp, gooi 1 koppie room by net voor opdiening. Garneer soos verkies en bedien met vars rolletjies.
Wilma Josey Venter