BROCCOLI EN BLOMKOOL SLAAI

broccoli en blomkoolslaaitestedBROCCOLI EN BLOMKOOL SLAAI
Baie lekker saam met braaivleis! Ietsie anders as die gewone aartappel slaai ens.
1 klein kop blomkool
1 klein kop broccoli
250 g gevriesde soetmielies (sweetcorn)
250 g gevriesde ertjies
1 klein ui fyn gekap
Vir sous 1 koppie mayonaise
¼ koppie kondensmelk of bruinsuiker
2 teelepels mosterd (ek gebruik hot german mustard)
aromat en swartpeper na smaak

Giet kookwater oor mielies en ertjies, dreineer dadelik. Sny blommetjies van blomkool en broccoli af. Meng al die groente met gekapte ui in slaaibak. Meng sous bestanddele goed saam en meng by groente. Sit vir so uur of wat in die yskas vir geure om te meng.
Foto: Elsabie Templeton

Celia De Villiers Enslin:
Ek het dit ook gemaak vir Kersdag, maar sonder die neute en rosyne. Net rou blomkool, rou broccoli albei in klein blommetjies gebreek, gaar “bacon bits” en kaas. Mayonnaise en suurroom gemeng vir sous en gegeur met sout en peper. HEERLIK gewees.