BILTONG EN KAASSTROOITJIES

biltong en kaasstrooitjiestested

BILTONG EN KAASSTROOITJIES
70 gm gerasperde biltong (150 ml)
50 gm cheddar kaas gerasper (125 ml)
50 ml gekapte groenuie
Knippie rooipeper
25 ml geurselsout
2 x 400 gm pakkies skilferkorsdeeg (ontvries)
Metode:
Meng biltong, kaas, uie en rooipeper.
Rol een deegrol uit 2-3 mm dik op ‘n meelbestrooide oppervlak. Sprinkel die biltongmengsel eweredig oor die deeg oppervlak. Rol die tweede deegrol ook uit en plaas dit bo-op die vulsel.
Druk liggies saam.
Sny die deeg in 150 mm x 15 mm strokies
VARIASIE
Draai deeg, amper soos koeksisters, en plaas op bakplaat, geur met aromat en bak by 220 grade vir 10 min. Koel heeltemal af.♥

Resep: Carol Elliott Claassen
Foto: Thalia Botha-Rondganger