BIERHOENDER IN PRUTPOT
1 heel hoender
3 eetlepels olyfolie
6 – 8 klein aartappels, gehalveer
1 groot ui, grof gekap
2 teelepels sout
1 teelepel gedroogde orego( ekt dit uitgelos)
1 teelepel paprika (ekt nt n halwe T ingegooi)
½ teelepel mosterdpoeier (ekt nie di ingesit nie)
knypie gemaalde swartpeper
1 bier van jou keuse ( ek het ‘n halwe bier gebruik)
Sit die aartappels en ui in ‘n prutkoker. (slow cooker)
Kombineer al die speserye in ‘n klein bakkie.
Motreën twee eetlepels van die olyfolie oor die aartappels en uie.
Strooi die helfte van die speserymengsel oor en meng deur.
Vryf die hoender met die res van die speserymengsel en een eetlepel olyfolie.
Plaas die hoender bo-op die groente en gooi die bier rondom die hoender.
Sit die prutkoker op hoog vir 4 – 5 uur (8 – 10ure op laag) totdat die hoender gaar is
Foto: Benhet Niewenhuis

