BESTE LEMOENKOEK OOIT

lemoenkoek Marie Groblertested
BESTE LEMOENKOEK OOIT
BRON- Annetjie van Huyssteen
Foto:  Marie Grobler
Jy kry baie baie resepte vir koeke. Meeste van hulle is maar net nog ‘n variasie op ‘n ander resep met ander geurmiddels. Hierdie LEMOENKOEK is egter van die beste ooit – heerlik klam en geurig. Resep wat my mammie altyd gebak het.
250 g botter/margarien
250 ml strooisuiker
3 eiers
125 ml melk
50 ml vars lemoensap
5 ml lemoenskil, fyngesny
500 ml bruismeel
5 ml bakpoeier
sout

Stel oond op 180°C en smeer 2 koekpanne, bestrooi met bietjie meel.
Klop botter en suiker saam tot lig en romering. Klits eiers een vir een by.
Voeg melk, skil en lemoensap by en meng. Sif droe bestanddele by bottermengsel, klop goed.
Skep in panne en bak 25 tot 30 min tot gaar. Laat effens afkoel en keer uit op draadrak.

Versiersel:
60 g sagte botter
500 ml versiersuiker
5 ml lemoenskil

Meng goed en voeg genoeg lemoensap by om dit smeerbaar te maak.

Nota van Marie:  Ek het net my eie versiersel gebruik:
125 g sagte botter
2 koppies versiersuiker

1 teelepel lemoenskil, gerasper
Aangemaak met lemoensap en goed geklits.