AARTAPPEL BOLLE
Ek het so gemaak – ek het heel aartappels in mikrogolf gesit op bord – net afgewas – op hoog gesit vir so 6 min – afhangende hoeveel aartappels jy het – ek net eers 2 ingesit want dit was net ‘n toets – bietjie laat afkoel – toe sny ek hul in die helfte deur – vat ‘n teelepel en haal die aartappel uit die skil uit – so die skil moet heel bly- soos wat jy ‘n skorsie uit sy dop uitskep – toe mash ek die aartappel fyn – meng bietjie botter by en cheese arromat en growwe peper – meng so 2 eetlepels sweetcorn by en meng – skep dan die mengsel terug in die aartappel bakkies – gooi bietjie paprika oor – pietersielie en fyn gerasperde kaas indien verkies – bak in oond – regtig lekker – die sweetcorn maak dit so effens soet
BRON- Marietjie Nel
