WENKE – VERSKEIE

 

2013-09-13-1444933_121005075129_boererate

Grondboontjiebotter

As jy per ongeluk jou skeerroom vergeet het op ‘n wegbreeknaweek, kan grondboontjiebotter gebruik word.

Vang muise of rotte met grondboontjiebotter, hulle verkies grondboontjiebotter bo kaas.

Verwyder gom (superglue ens) vanaf meubels: Vryf met grondboontjiebotter oor die gom en dit sal loskom.

Verwyder kougom van hare deur ‘n teelepel grondboontjiebotter in die kougom te vryf en dit sal gou loskom.

Verwyder krapmerke op CD’s deur grondboontjiebotter daarop met ‘n sagte lappie te vryf.

 Kaas

Bêre kaas in aluminium folie. Die kaas sal langer vars bly en nie muf nie.

Kaas sal nie muf as ‘n klontjie suiker in die bak gehou word nie.

Voordat jy kaas rasper, smeer botter oor rasper om die skoonmaak agterna te vergemaklik.

Maaskaas hou langer as jy dit onderstebo bêre.

 Koffie

Bêre koffie in die yskas om dit vars te hou.

Kookolie

Gooi bietjie sout in die braaipan om te keer dat die vetspat.

Sny die onderste deel van ‘n wynbottelhouer af en bêre jou kookoliebottel daarin. Die kartonhouer suig olie wat drup op.

Kastrol

As jy aangebrande kos vinnig uit ‘n kastrol wil verwyder, kan jy dit vul met kookwater waarby twee eetlepels sout gevoeg is.

Strooi koeksoda op die aangebrande deel in ‘n pot. Maak klam met ‘n bietjie water en skrop.

Verwyder die bruin aanpaksel met ‘n droë stukkie staalwol, terwyl die pan nog warm is.

BRON- BOERERATE & VERBRUIKENS-WENKE