TAMATIEKONFYT

2013-09-01-tamatiekonfytmarierheedertroskietested

TAMATIEKONFYT
Weeg 2 kg tamaties af.
Giet kookwater oor die tamaties en trek die skilletjies af, sny in klein blokkies.
Voeg 2 kg suiker daarby, roer deur, kook stadig tot die suiker opgelos is, draai die hitte op en kook.
Voeg ongeveer 3 eetlepels suurloemoensap daarby. (ek net n suurlemoen se sap uitgedruk en by gevoeg)

Kook en skep net kort kort die skuim wat die tamaties maak af. Kook tot dit soos konfyt lyk.
Ek het ‘n bietjie in ‘n bordtjie uitgeskep om te sien kan ek dit op die brood smeer, die suurlemoensap maak dat dit nie sandsuiker word nie, dit werk so as jy 1 kg tamaties het gebruik jy 1 kg suiker,

Resep:  Marie Rheeder Troskie

Elba Groenewald
Ek het die tamaties net in voedselverwerker fyn gemaak, sout gegooi en die sap gedreineer deur ‘n sif.
Neem 1 koppie suiker vir elke koppie tamaties,  meng goed deur, kook stadig tot suiker opgelos is, en kook dan vinniger.  Voeg 1 teelepel gemmepoeier by. Die tamatiewater het ek wostershiresous by ge voeg en bedien as ‘n drankie. Heerlik
tamatie konfyt elba