SJOKOLADE ROOMKOEK

sjokolade roomkoek elsie

SJOKOLADE ROOMKOEK
375 ml koekmeel
7 ml bakpoeier
knippie sout
80 ml olie
80 ml water
250 strooisuiker
4 eiers geskei
knippie kremetart
Sif meel; sout bakpoeier en strooisuiker in mengbak.
Klits eiergeel water en olie saam en voeg by droë bestanddele.

Klits eierwit en kremetart saam tot styf en vou by meelmengsel in.
Gooi in 2 gesmeerde 20cm panne en bak by 180ºC vir ongeveer 20 min tot toetspen skoon uitkom
Keer uit laat afkoel en verdeel elke koek in 2 lae.
Sit opmekaar met sjokolade room.

Sjokolade room
375 ml room
50ml margarine of botter
250 g donker sjokolade
Smelt oor lae hitte en laat heeltemal in yskas afkoel.
Klop styf en versier koek.

Die resep het ek jare terug uit ‘n tydskrif gesny ongelukkig is die naam van tydskrif afgesny en kan ek nie meer onthou in watter tydskrif hy was nie.

Resep en foto:  Tim En Elsie Slabbert