SARIE SE PAASBOLLETJIES


SARIE SE PAASBOLLETJIES
Maak so 16 bolletjies
250 ml Warm melk
90 g gesmelte botter
1 eier
80 ml (65 g) suiker
10 g kitsgis
15 ml gemengde speserye
15 ml fyn kaneel
500 g koekmeel
140 g rosyne
KRUISE
60 ml koekmeel
15 ml olie
30 ml water
Meng alles saam behalwe die rosyne. Knie vir 5-8 minute tot gladde deeg.
Laat rys tot dubbel die grootte. Maak solank die resep vir die kruise aan. Voeg rosyne by en knie weer deur. Laat weer rys tot dubbel die grootte. Rol balletjies van so 80 g en pak stewig teen mekaar in oondvaste bak of pan. Laat die bolletjies weer rys tot dubbel die grootte. Meng intussen die beslag van die kruis. Spuit met ‘n versierbuis die kruise as die bolletjies klaar gerys het en plaas in vooraf verhitte oond teen 180 ÂșC.
Maak 100 ml water en 50 ml suiker aan en smeer met kwas bo-oor as die bolletjies uit die oond kom.
Foto: Dawie Vd Heever