ROER BY BROODJIE

1240475_551295034926428_12015967_n
ROER BY BROODJIE
3 koppies koekmeel
1 pakkie wit uiesoppoeier
1 koppie kaas gerasper
1 koppie koue vleis of weense worsies gerasper
3 teelepels bakpoeier
1 eetlepel elk Ina Paarman Green Onion en Ina Paarman Garlic and Herb
1 teelepel cayenne pepper
3 koppies karringmelkSit alles bymekaar en meng en as dit te droog is voeg bietjie melk by tot alles lekker gemeng is.
Skep beslag in groot gesmeerde broodpan en bak in voorverhitte oond van 180ºC vir 45min.(ek het thermofan oond weet nie of baktyd langer sal wees in gewone element oond nie)

Resep is sommer bymekaar gesit van alles wat ek gehad het. Dis nie resep wat ek iewers gekry het nie.

NOTA: Mens kan sekerlik ook net 3 koppies bruismeel gebruik dan hoef jy nie koekmeel en bakpoeier te gebruik nie.

FOTO EN RESEP: Naudéa Visser