RAAD VIR KONFYTTERTJIES
Alda Cilliers
Wanneer ek konfyttertjies met outydse skilferdeeg (tuisgemaak, nie die wat jy in die supermark koop nie) maak, druk ek die deegsirkels uit, smeer die randjie van die een helfte met water en druk dit toe in ‘n halfmaantjie. Dan bak ek dit SONDER konfyt. Die dingetjie pof mos so mooi op, en wanneer dit uit die oond kom, spuit ek appelkooskonfyt daarin met een van daardie spuitbotteljies met die punt aan wat mens gewoonlik sou gebruik vir tamatiesous.
Brosdeegtertjies is ‘n ander storie: ek gebruik appelkooskonfyt wat ek self gekook het. Het hierdie wenk by ‘n bejaarde dame gekry: wanneer jy konfyt kook, kook so een pot heelwat langer as die ander sodat jy ‘n lekker stywe konfyt het. Wanneer jy die tertjie maak, rol jy die stywe konfyt ook in bietjie meel en sit dit dan in die tertjie voordat jy dit toeplak en bak.
Of meng die konfyt met bietjie pampoen
Rika Jacobs Stiglingh : jy moet die konfyt eers in meel rol as jy dit in die deeg toe maak.
Probeer :- 1 eierwit en 1 teelepel suiker – klits goed en smeer aan rand. (Petro van der Westhuizen)
Elsa du Plessis
More ek lees nou in my ouma se hand geskryfde boek van 1970 n wenk oor jam tertjies. Om te verhoed dat jam uit kook moet jy die jam eers verhit tot amper kook voor jy dit op die pastry skep. Ek moet dit probeer…my jam kook altyd uit.
Ria Badenhorst
Kook n blik konfyt met 1 pk dadels en laat koud word.
Petré Van Jaarsveld
Maak konfyttertjies klaar. Vries hulle dan en bak @ 200/210°C .. Die deeg moet gaar wees voordat die konfyt kan kook.. Druk n gaatjie of 2 aan die bokant van die tertjie sodat die stoom kan uitkom..
Hettie Snyman
Maak tertjies klaar en vries dan vir n paar minute . Maak bakplaat warm in oond en sit koue tertjies op warm bakplaat en sit so gou moontlik in oond.

