PYNAPPEL ROOMYSTERT


PYNAPPEL ROOMYSTERT
Kors:
375 ml verkrummelde Marie- of Tennisbeskuitjies
50 ml suiker
125 g margarien
Meng beskuitjiekrummels, suiker en margarien goed saam, druk met agterkant van metaal lepel teen wand en boom vas van ‘n tertbak (1.5 liter bak) Verkoel die kors tot benodig.
Vulsel:
1 blik (410 g) pynappelstukke
1 pakkie (80 g) lemmetjiejellie
500 ml vanilla roomys
125 ml room, effens versoet en styfgeklits
Dreineer die pynappelstukke en vul die sap aan met water tot 300 ml.
Verhit die stroopwater tot warm en los die jellie daarin op.
Sny die roomys in stukke en klits stuk vir stuk by die warm jellie tot alles ingeklits is.
Plaas die mengsel in die koelkas en laat dit afkoel tot so dik soos eierwit en net net wil stol.
Hou ‘n paar van die pynappelstukke eenkant vir versiering.
Maak die res in ‘n versapper/voedselverwerker fyn of sny baie kleinstukkies met ‘n mes.
Vou dit by die roomysmengsel in en skep bo-op die kors. Plaas die tert in die yskas om styf te word.
Versier net voor bediening met styfgeklitste room en pynappelstukkies.
Foto: Leanne Thurston Coetzer