PIESANGSLAAI MET GEDROOGTE APPELKOSE


PIESANGSLAAI MET GEDROOGTE APPELKOSE
5 ryp maar ferm piesangs
5 gedroogde appelkose, gekap
125 ml granadilla-jogurt
37,5 ml kondensmelk
Sny die piesangs in skyfies in ‘n slaaibak.
Voeg die gekerfde appelkose by.
Meng die jogurt en kondensmelk, en voeg by die vrugte.
Meng liggies met ‘n vurk.