PAMPOENGEREG MET BOERPAMPOEN

pampoentested

PAMPOENGEREG MET BOERPAMPOEN

Hier is nog ‘n heerlike pampoendis:

1 boerpampoen
1 witbrood, in snye
1 koppie kaneelsuiker
1 koppie melk

Metode:

Pak die snye brood onder in vuurvaste gesmeerde bak.
Maak klam met melk.
Strooi 1 tot 2 teelepels kaneelsuiker oor.
Skil die pampoen en sny in skywe so dik soos ‘n sny brood.
Pak bo-op die brood.
Herhaal die proses
Jy kan soveel kaneelsuiker soos wat jy wil byvoeg, dit hang af van jou smaak.
Dit is belangrik dat jy nie teveel melk bygooi nie.

Bak in oond vir 30 minute of tot pampoenskywe sag is teen 180 grade

Resep ontvang vanaf Pauline Olivier