MAKLIKE PIESANG KOEKERIGE BROOD

2013-09-05-maklikepiesangkoekerigebrood
MAKLIKE PIESANG KOEKERIGE BROOD

Chef raak lus en bak….
Meng saam tot romerig:
1 koppie botter
2 koppies suiker

Meng saam:
4 eiers
8 piesangs (gerasper)

Sif by piesang mengsel:
3 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
(ek grind sout by)

Spat so eetlepel Amarula by en wees avontuurlustig en rasper 2 fris wortels by en ‘n paar gekapte neute.  Ons skrik mos nie. Bak met liefde vir ‘n uur op 160°C.

Om ‘n donkerder kleur met piesang brood te kry, voeg Bicarb of Soda by, my resep en foto het ‘n halwe teelepel gekry.

Ek verkies om die piesang te rasper want al die ander bestanddele whisk ek in, geen elektriese menger nie, ek het juis hierdie tegniek gebruik omdat ek my Chefs oplei en hulle moet die passie van bak ondervind, die piesang vee maklik van die rasper af, die vurk metode bly maar eenvoudig huishoudelik, bak & geniet.

BRON- Tinus Pretorius