LORRAINE SE LASAGNE


LORRAINE SE LASAGNE
500 g maalvleis
1 groot ui, gekap
1 teelepel knoffel
1 teelepel Italiaanse kruie
Olie
Sout en peper
2 blikkies tamatiepasta
1 liter dik kaaswitsous
Lasagne velletjies
Braai uie, knoffel, maalvleis, sout en peper, kruie in olie tot gaar en bruin. Voeg tamatiepasta by en bietjie water en kook vir 5 minute. Mengsel moet soos dikkerige sop wees.
Laag 1 : gooi ± 1 soplepel vol maalvleis op bodem van oondskottel. Die laag kan maar lekker loperig wees.
Laag 2 : plaas rou velletjies lasagne langs mekaar, breek in helfte waar nodig en as oondskottel ronde punte het, breek af tot dit lekker pas.
Laag 3 : maalvleismengsel
Laag 4 : witsousmengsel
Herhaal laag 2 – 4 tot bo en rasper dan gerasperde kaas bo-op. Ek maak sulke dwars strepe . . . cheddarkaas, Italiaanse Kruie/Oreganum/Parmesan Kaas.
Bak vir halfuur – driekwartuur by 180ºC.
Bedien met groenslaai en vars olyfbrood.
Gebruik sous so bo vir spaghetti bolognaise (sonder die kaassous en lasagnavelle)
Genoeg vir een pak spaghetti (250g droog)
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand