1

KERRIE NOEDELSLAAI

kerrie noedelslaai marie
KERRIE NOEDELSLAAI
500 g noedels
1 groot ui, gesnipper
1 groot soetrissie, blokkies gesny
(kan ook rooi en geel soetrissie insit vir meer kleur)
EK HET DIE SOUS NET DUBBELD AAN GEMAAK, ANDERS IS DIT TE DROOG.
Sous:
250 ml tamatiesous
200 ml wit suiker
125 ml olie
125 ml wit asyn
25 ml kerriepoeier, matig

7 ml sout
2 ml swartpeper
1 ml tabascosous, opsioneel

Berei noedels volgens aanwysings op pak.
Voeg ui en soetrissie by noedels.
Meng sous bestanddele saam en voeg by noedels.

Wenk:
Meng sous by noedels terwyl dit nog warm is (moenie noedels afspoel nie) ~ die sous trek dan lekker in die noedels in, roer kort-kort deur.
Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder ~ die slaai kan ook gebottel word.

Alet Schoen Murray
Ek kook my noedels tot gaar.
Ek meng al die bestanddele vir die sous saam in glasbak, met die gesnipperde ui en soetrissie ingesluit, dan kook ek dit 8 minute op hoog in mikrogolf. Sodra dit klaar is, meng ek dadelik sous met warm noedels.
2de Foto: Annelize de Bruin
Resep en eerste foto:  Marie Rheeder Troskie