KERRIE GROENTESLAAI

groente slaai Wilnatested
KERRIE GROENTESLAAI
1 kg Hawaian stir fry groente
Kerrie sous:
1 koppie suiker
1 koppie bruinasyn
1 teelepel Kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 teelepel sout

Koop sous bestanddele saam – sodra dit begin kook, voeg groente by en kook vir 15 min. Verdik sous met so 15 ml maisena gemeng met bietjie water en kook nog so 5 min tot maizena gaar en sous dik is. Ek het resep 3 keer aangemaak vir 50 mense. Kan ook ander gevriesde groente gebruik.

BRON- Annalize Dorfling Du Plessis

N.S.- Marie Dumas Jennings
Dink nie ander groente gaan so lekker wees soos die stirfry nie en jy hoef niks te sny nie behalwe ek sny nog uie dun by – ui in kerrie is darem net yummy

Foto:  Wilna Dorfling