HEERLIKE VERSIERSEL
HIERDIE IS ‘N GOEIE ALTERNATIEF VIR ROOMKAAS VERSIERSEL
Dit hang af van hoeveel lae die koek is.
Vir ‘n ringroek meng:
125 g (dan gebruik ek wit) margarien
½ blik kondensmelk
Klop tot goed romerig
Voeg by ‘n ½ koppie versiersuiker en meng goed.
Dis spierwit, lyk en proe soos roomkaas (dit loop nie af nie, niks) en is heerlik.
Resep en foto: Annetjie van Huyssteen

