HAMBURGER PATTIES
Het ook vandag patties gemaak vir hamburgers. Ek en manlief eet dit in slaaiblare toegevou en die kinders s’n op ‘n bun. Pattie resep:
1kg maalvleis,
250g mushrooms,
1 ui,
1 1/2 teelepel sout,
2 teelepel Italian herbs.
Ek gebruik die voelselverwerker dan rasper ek die ui en mushroom, meng alles saam, vorm patties. Die mengsel maak 8 patties van 150g elk. Heerlik sappig, uie en mushroom het baie vog. My seuns eet nie mushrooms nie maar hierdie eet hulle, as ek nie die mushrooms insit nie hou hulle nie daarvan nie. As hulle maar net weet:-)
Resep geplaas deur Petri le Roux