GIDEON SE KAIINGS

2013-09-13-kaiingsgideonlouwtested

GIDEON SE KAIINGS
Myse uitgebraaide sagte vet, ‘n vars gebakte brood , kaiings en goue stroop, was baie lekker, en laat my dink aanso 50 jare gelede toe ek so 10 jaar oud was lekker heimwee.

Ek maar geleer by my ma, sys nou 88 ek sny die sagte vette af maar glip party kere so innie vleiserigheid in met die mes, sny alles in kleinerige blokkies kook dit dan op lae hitte +- 2 ure gooi n bietjie melk by my ma het gese dit maak die kaiings bruin voeg sout by na smaak ( ek lief n souterige kaiing ) as dit dan bruin genoeg is gooi ek die vet af en die kaiings op handoek papier ( vet skaapstert maak altyd lekker kaiings ) hou maar dop vir brand en roer soms.
Resep en Foto: Gideon Louw
Nota: Rina Kleinhans
Dit hang af hoe grof jy dit wil he, my ma het dit altyd gemaal, maar as mens hom lekker wil eet dan sny mens hom lekker groterige stukkies met so effense vleisie nog aan en braai hom baie baie stadig