DADEL LEMOENKOEK

dadel lemoen koektested
DADEL LEMOENKOEK
1 koppie sagte botter
1 koppie suiker
1 eetlepel gerasperde lemoenskil
2 eiers, geklits
2 koppies koekmeel
⅔ koppie suurmelk
1 teelepel koeksoda
1 koppie dadels, opgesny
½ koppie kersies
¼ koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
Meng die sagte botter met die suiker, voeg die lemoenskil by en meng deur.
Voeg die eiers by en meng. Meng die suurmelk en koeksoda, plaas eenkant.
Voeg die koekmeel om die beurt met die suurmelkmengsel by die eiermengsel en meng deur.
In ‘n aparte bak, voeg die gesnyde dadels, kersies, ¼ koppie koekmeel en bakpoeier bymekaar en vryf goed deur.
Meng die dadelmengsel saam met die eiermengsel.
Skep die beslag in ‘n gesmeerde ringpan, ek spuit dit met kleefwerende kossproei.

Bak die koek in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 40 min, toets.
Wanneer die koek gaar,  giet die volgende stroop oor.
Meng saam:
¾ koppie strooisuiker
¾ koppie lemoensap
Plaas die koek terug in oond vir 5 min, skakel die oond af.
Verwyder die koek uit die oons en laat afkoel.
Nota –  ek het die resep by my moedertjie gekry en sy weer by ‘n vriendin se vriendin.
Resep en foto: Marietjie Nel