BOTTERSKORSIE GEBAK MET LEMOEN SHERRY

baked butternut

BOTTERSKORSIE GEBAK MET LEMOEN SHERRY
500 g botterskorsie, geskil en in skywe gesny
45 ml lemoensap
15 ml sherry
45 ml bruinsuiker
30 ml botter of margarien
knypie fyn kaneel en knypie sout

Rangskik die botterskorsieskywe in ‘n vlak oondvaste bak. Sprinkel die
lemoensap, sherrie en bruinsuiker eweredig oor. Stip met die botter of
margarien. Geur met kaneel en sout.
Bedek met foelie (blink kant na binne) en bak ‘n uur lank in ‘n voorverhitte oond by 180ºC
Verwyder die foelie en bak oop vir nog 20 minute tot effens bruin. Sit dadelik voor.