TURKSE LEKKER MET SJOKOLADE

turkse lekkers
TURKSE LEKKER MET SJOKOLADE
Ek het hierdie “turkish delight” vanaf julle blad gemaak. Ek het dit in gesmelte sjokolade gedoop met behulp van ‘n tandestokkie. Dit was my eerste poging, dus nie visueel baie mooi uitgekom nie, maar dit was baie lekker. Gebruik regte sjokolade (nie baksjokolade nie, want dit smaak net BAIE beter). En moet nie versiersuiker gebruik as jy in gesmelte sjokolade doop nie.

Gewoonlik het ’n mens ’n lekkergoedtermometer nodig as jy lekkergoed maak, maar met Turkse lekkers is dit nie ’n vereiste nie. Dit is omdat die vloeistof gekook en geset word met gelatien. Maar versigtig: Te veel rooswater of te veel suurlemoensap kan dit bederf. En onthou: die suiker móét opgelos moet wees voordat dit gekook word.
Lewer omtrent 50 blokkies
30 ml (2 e) gelatien
60 ml (¼ k) water
500 ml (2 k) suiker
30 ml (2 e) mielieblom
200 ml (¾ k) water
3 ml (½ t) rooswater
’n druppel rooi kleursel
30 ml (2 e) versiersuiker
30 ml (2 e) mielieblom
Metode
Week die gelatien in die water en hou kookwater oor om op
te los.
Meng die suiker en mielieblom in ’n kastrol. Voeg die 200 ml water by en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.
Kook sowat 5 minute oor stadige hitte. Verwyder van hitte en voeg die rooswater, kleursel en gelatien by.
Gooi uit in ’n gesmeerde bak of pan van omtrent 14 x 23 cm. Laat staan vir sowat 8 uur of tot styf en sny dan in blokkies, omtrent 2 cm in grootte. Rol in mengsel van gelyke dele versiersuiker en mielieblom.
Bêre in ’n lugdigte houer vir omtrent 2 weke.

Resep geplaas deur en foto Regina Strydom