TROEPIEKOEKIES


TROEPIEKOEKIES
625 ml koekmeel
500 ml hawermout
500 ml klapper
10 ml bakpoeier
7 ml koeksoda
5 ml sout
250 g margarien
500 ml suiker
2 eiers
5 ml vanilla
500 ml Rice Krispies
Voorverhit oond tot 180 ºC. Room margarien, suiker en eiers. Voeg vanilla by. Voeg droë bestanddele by en meng deeglik. Rol in balletjies en pak op gesmeerde bakplaat. Druk die balletjies bietjie plat en bak vir 10-12 minute tot goudbruin.
Resep en foto: Ade le