TARENTAAL MET PIESANG

FLR BB Anything goes
TARENTAAL MET PIESANG
1 tarentaal
3 groot piesangs
Sout en peper
ΒΌ koppie suurlemoensap
Meelblom
1 teelepel botter
6 repies spek
Berei die tarentaal voor. Strooi sout en peper oor en vryf bietjie meelblom in. Sit die spek oor die bors. Skil die piesangs, sny in kwarte, doop in die suurlemoensap en stop dit in die buikholte van die tarentaal. Sprinkel res van suurlemoensap oor die tarentaal, stip met baie botter en vou die tarentaal toe in tinfoelie (blink kant na binne).
Bak 2 uur in matige warm oond totdat die vleis sag is. Haal uit en laat die tarentaal bruin bak.
OF maak in potjie met groente en aartappels.

Resep geplaas deur Carin Ras Wilson
[Babsie van Oudtshoorn]