SUIWELVRYE KONDENSMELK

kondensmelk

SUIWELVRYE KONDENSMELK
Ek het gelees dat mense wat ‘n suiwel alergie het ook die vlg resep kan gebuik ipv kondensmelk.
40 ml water
80 ml Orley-Whip
160 ml suiker
15 ml mielieblom
200 ml cremora (1 op 3 aangemaak)
Knippie sout
2 ml xanthan
5 ml vanilla geursel
Maak cremora aan en meng die water en Orley-Whip in ‘n mengbak.
Klits mielieblom en suiker, wat vermeng is, by tot ‘n gladde tekstuur verkry is.
Voeg die mengsel by die cremora en klits goed.
Voeg ander bestanddele by en kook vir 1 minuut, voeg vanilla by en laat afkoel.
NS: Skep roomlaag af indien gevorm word na opkoking.

Adéle Van Zyl Filmalter