STAATMAKER VRUGTEKOEK

tested

STAATMAKER VRUGTEKOEK
Beslag vir 1 x 22 cm pan
750 ml gemengde koekvrugte
125 ml verglansde kersies
125 ml gesniperde dadels
OF
1 kg vrugtekoek mengsel met kersies en dadels
250 ml suiker
5 ml koeksoda
125 ml botter
300 ml water

125 ml kookolie
5 ml gemengde speserye
10 ml kaneel
3 ml neut muskaat
500 ml gesifte koekmeel
5 ml sout
7,5 ml bakpoeier
2 geklitste eiers
5 ml rum geursel

Kook die vrugte, kersies, dadels, suiker, koeksoda, botter, olie en water vir 25 minute oor stadige hitte. Roer gedurig om te verhoed dat dit aanbrand. Verwyder van die hitte en laat ‘n rukkie afkoel.
Klits die eiers en voeg die geursel by. Hou eenkant
Sif al die droë bestanddele saam.
Voeg die droë bestanddele by en meng, gooi nou die eiermengsel stadig by en meng baie deeglik. Skep die koekmengsel in ‘n gesmeerde koekvorm of kastrol wat uitgevoer met 3 lae baie goed gesmeerde bruinpapier en maak ‘n deksel van ‘n laag foelie om bo-oor die koekvorm vas te druk. Dit is noodsaaklik dat die pan deeglik met papier uitgevoer word, anders sal die vrugte brand. Bak die koek vir 1½ – 2 ure  in ‘n matige oond by 160º. Of tot toetspen skoon uitkom, die tyd sal afhang van die grote van die koek.

Gooi uit en laat afkoel, gooi proppie of twee brandewyn oor en laat staan. Maak toe met foil en bere, gee elke week weer  bietje brandewyn of sjerrie

Bak tenminste ‘n maand voor gebruik as jy wil he hy moet sommer lekker klam wees. Hou die hele tyd toe in foil en houer met  deksel.  Versier indien nodig na laaste toediening van brandewyn/sjerrie.

Foto en resep deur  Rina Kleinhans
2de foto deur Angela Woods Schubach.. beskrywing onderaan
I warmed up a mixture of apricot jam and brandy and brushed it onto the sides and top of the cake and then rolled the cake in a mixture of chopped almonds, pecans and walnuts
3de foto deur Adam Cloete  gebak in ‘n vierkantige koekblik..

HIERDIE BESLAG IS GENOEG VIR 3 x 18 cm KOEKE
1.5 kg vrugtekoek mengsel met kersies en dadels
375 ml suiker
7.5 ml koeksoda
200 ml botter
450 ml water
200 ml kookolie
7.5 ml gemengde speserye
15 ml kaneel
5 ml neut muskaat
750 ml gesifte koekmeel
7.5 ml sout
10 ml bakpoeier
3 geklitste eiers
7.5 ml rum geursel
VOLG BOGENOEMDE METODE

Nota:  Driena Pienaar  – Ek maak n stroop, ek vat ‘n koppie suiker, half koppie water, half koppie lemoensap, kook alles saam tot ‘n stroop en gooi dit oor die koek, ek gooi dit so twee keer oor voor die koek ge-eet word