SPEK EN PASTA MUFFINS


BACON EN PASTA MUFFINS
600 g maalvleis
2 uie
250 g pasta (klein stukkies)
6 eiers
6 repe spek (Back bacon)
(Bestandeel van my eie keuse)
Handtjie vol gemengde chips (vir versiering)
Braai uie en maalvleis met speserye van jou keuse tot bruin en gaar. Kook pasta tot net sag. Laat bogenoemde bietjie afkoel. Meng die maalvleis en pasta saam. Klits die eiers en roer deur die pasta. Maak die spek gaar, maar nie crispy nie. Laat ook bietjie afkoel. Voer ‘n gesmeerde muffin pan uit met spekrepe. Skep elke holtetjie vol met pasta vulsel. Bak in voorverhitte oond teen 180 ÂșC totdat die eier goed gestol het
BRON: Jenny van der Westhuizen