HEERLIKE VULSELS VIR PANNEKOEK
SPEKVULSEL VIR PANNEKOEK
2 groot uie, fyngekap
1 pakkie gekapte spek – Braai in bietjie olie tot gaar
1 gekapte soetrissie
½ koppie dik witsous
½ koppie grof gerasperde cheddarkaas
Geur na smaak
Voeg al die bestanddele bymekaar en gebruik vir stapelpannekoeke asook vir vulsels vir gewone pannekoek.
SNOEKVULSEL VIR PANNEKOEK
400 g gevlokte snoek
1 blikkie perskeskywe in stukkies gesny (nie sous nie)
125 ml gerasperde kaas
15 ml suurlemoensap
15 ml gekapte pietersielie
1 koppie dik witsous
Sout en peper na smaak
Meng alles saam. Moenie te loperig wees nie. Garneer bo-op met suurlemoenskyfie en pietersielie.
Resepte geplaas deur Lorraine Weits Brand
Jeanene Kriel –
1. Tuna met green peppers, uie, mayonnaise en bietjie kondensmelk
2. biltong en feta
3. maalvleis met kaas sous,
4. aspersies en bacon met kaas sous
Yvonne Van Der Linde –
Ons was by ‘n troue met ‘n voorgereg wat goedkoop was en heerlik. Die dame het gewone hotdog broodrolle in ringe gesny en met olyfolie gesmeer en liggies gerooster op ‘n bakplaat. In klein bordjie het sy blaarslaai (min) gesit. 2 skyfies brood gesit met ‘n klein gehalveerde tamatie. Op broodjie was die volgende vulsel dun gesmeer:
fyngerasperde kaas en uie met Mayonnaise gemeng.
Heerlik
