PLAT AARTAPPELS

baby marrow souffle opgeskep met steaktested

PLAT AARTAPPELS
aartappels, 1 groot vir elke persoon of 2 kleintjies per persoon
kruie en speserye
olyfolie

Kook aartappels sag, sit dit op ‘n bakplaat, en vat die “masher” en druk dit lekker plat met ‘n harde druk. Gooi bietjie olyfolie en kruie en spesrye oor, sout en swart peper en as verkies feta kaas of net wat jy van hou. Sit dit in die oond op 220°C vir so ongeveer 15 min tot lekker bros en bruin. Ek het dit vandag sommer onder die grill gehad, want ek was haastig, maar in die oond raak dit lekker bros.

Nota: Vir ‘n ligte maaltyd kan mens ‘n lekker stukkie hoender  of hoendermayo of tuna ook opsit, kaas oor rasper en bak.  Dit is ‘n heerlike ligter ete.
Foto en idee:  Rina Kleinhans