PIENK SAGO POEDING

2013-08-13-pienksagopoeding
PIENK SAGO POEDING
2 pakkies rooi jellie
1 blik kondensmelk
375 ml kookwater
6 eiers geskei
250 ml sago
1 liter melk
60 ml suiker
60 ml melk

Los die jellie op in die kookwater. Kook die sago in die liter melk tot gaar. Klop die eiergele saam met die suiker en die 60ml melk. Haal sago van stoof af en voeg eiermengsel geleidelik by. Sit terug op stoof en kook weer oor stadige hitte vir n paar min. Meng jellie met die kondensmelk en die styf geklopte eierwitte. Meng met sagomengsel en plaas in yskas om te stol.