PANNEKOEK BY DIE GROOT MAAT

PANNEKOEK BY DIE GROOT MAAT
(lewer 120 pannekoeke)
16 koppies koekmeel
125 ml wit suiker
80 ml bakpoeier
20 ml sout
12 eiers
4 koppies (1 liter) kookolie
250 ml asyn
18 koppies water
kaneelsuiker
Sif meel en meng dit deeglik met suiker. Voeg bakpoeier en sout by die meelmengsel en meng goed. Klits eiers en voeg die olie, asyn en ‘n bietjie water daarby. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en roer. Voeg die water bietjies-bietjies by en klits die mengsel deurentyd tot so dik soos room en sonder klonte is.
Verhit olie in pan, gooi uit (hierna word nie weer olie in pan gegooi nie) en bak die pannekoek. Sit die pannekoek voor met kaneelsuiker of bêre en verhit oor ‘n kastrol met kokende water. (Die pannekoek word nie taai nie.)
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie